Skip to main content

  • Francois Steyn - Article

    • Ons Bokke wat glo

      Deur Yolandé Roodt & Inge Verster


      Hulle mag wel geseën wees met raakvathande,
      vetgesmeerde voete en taktiese vernuf – maar
      eintlik, bieg rugbysterre Ruan Pienaar, Pierre
      Spies en Francois Steyn, lê hul Krag elders.



      Nog relatief natterig agter die toets-ore, en
      behoorlik grasgroen as dit by Wêreldbekerervaring
      kom. Maar staatmaker-agtsteman Pierre Spies,
      skrumskakel-blits Ruan Pienaar en veelsydige agterspeler
      Francois Steyn (hy met die langasem-skopvoet) staan hul man
      in 'n span wat bestem is om in Frankryk die hoop van 'n ganse
      nasie op hul skouers te dra. (Ja, daai skouers is nie verniet so breed nie, hoor 'n mens die vroue sug.) Dis die soort druk wat selfs die mees gesoute speler soos 'n paar paddaboudjies in 'n pot kookwater kan laat voel.

      En wees verseker: dié jongeling-drietal vóél dit.
      Maar wat, sê hulle, solank 'n man jou voete stewig op die
      aarde en jou oë stip na Bo hou, kan jy God vertrou om selfs die
      lewe se grootste verloor in 'n oorwinning te omskep.


      Neem ons 'n paar treë saam op jul pad na
      geestelike groei.



      Francois Steyn: Al as kannetjie het ek begin rugby speel,
      maar nooit geraai ek sou eendag as Shark óf Bok uitdraf nie. Ek
      het altyd gedink rugby is net dit: 'n spel. Maar eendag, ná 'n
      wedstryd aan die einde van ons Engelse toer, het ek en kaptein
      John Smit in die hotel sit en gesels. Hy het my gevra hoe ek
      dink ek daar beland het. Harde werk, natuurlik, was my opinie.
      Maar hy het gereken dit was God wat my die talent gegee het,
      en dat Hy my tot hier gedra en gelei het. Dit was tóé dat my oë oopgegaan het?

      Ruan Pienaar: Ek het in 'n huis grootgeword waar my ouers
      die voorbeeld gelééf het dat God jou lewe met vreugde en
      blydskap vul soos niks anders in hierdie wêreld nie.

      Pierre Spies: Vir my was dit 'n voorreg om albei ouers in die
      bediening te kon hê. My pa het byvoorbeeld manne- en vrouekampe
      op Mabula begin. Ons was regtig 'n geseënde gesin.
      Maar dít het my nie 'n kind van die Here gemaak nie.
      Ek moes 'n persoonlike verhouding met Hom aanknoop.
      Dit het eers in 2005 begin, toe ek tot bekering gekom en alles
      aan Hom oorgegee het.

      Ek beskou myself as 'n geseënde mens. Ek het twee wonderlike
      susters, 'n fantastiese ma en 'n nog meer ongelooflike meisie.
      Dis vir my 'n hoogtepunt om te sien hoe die Here my gebruik
      om my wêreld te verander.

      Jake White (en die res van SA!) blaas in jul
      nek om julle rugbyfiks te hou. Wat hou julle
      geestelik op jul tone?


      Francois: Ek lees my Bybel. En as iets my pla, gesels ek met
      vriende daaroor.

      Ruan: Dis vir my baie belangrik om voortdurend meer oor
      God te lees en te leer. Ek is baie gelukkig in die sin dat ons
      Sharks-span 'n weeklikse Bybelstudiegroep het. Dis lekker om
      saam met ander gelowiges soos Jacques Botes te kan speel, ouens
      wat vir 'n mens 'n rolmodel is.

      Pierre: Dis 'n daaglikse stryd. Nes jou liggaam oefening nodig
      het, het ook jou gees dit nodig. Ek bid, lees en aanbid elke
      dag. 'n Mens móét, anders raak jy onfiks.

      Eerlikwaar, help 'n man se geloof hoegenaamd
      vir daai hartkloppings voor die
      afskopfluitjie blaas?


      Francois: Ja, dit hou my kalm en gee my hope selfvertroue!

      Ruan: Die wete dat God jou beskerm en lei – op én van die veld af – maak 'n ongelooflike verskil in die manier hoe jy die spel benader.

      Pierre: Ek bid heeltyd. Maar wanneer ek vir die wedstryd opdaag,
      is ek klaar gebid. Geloof gee my kalmte en vrede. Dieselfde
      Krag wat Jesus uit die dood opgewek het, is in my en in jou.
      Jou belewenis van God?

      Francois: Hy't self onder mense kom woon en Sy Woord
      kom verkondig. Nie baie van ons het die moed om ons getuienis
      uit te leef nie – ek wil ook my deel doen!

      Ruan: Liefdevol, versorgend en vergewensgesind. Dis 'n ongelooflike seën om te weet dat ons in elke moeilike situasie – in sport óf in werk – in oorwinning kan leef.

      Pierre: Vir my is Hy liefde, vergifnis, vrede. Hy's die Alfa en
      die Omega, daar is geen mag of krag sterker as ons God nie.
      Ek beleef Hom in alles wat mooi is in ons wêreld – in die natuur,
      gelukkige verhoudings, wonderwerke.
      Hy lééf!


      Lees verder in die September-uitgawe van Lééf.

      *Die Wêreldbeker skop af op 7 September in die Franse hoofstad Parys. Die Bokke vertrek op 3 September en speel op
      die 9de hul eerste wedstryd teen Samoa. Die eindstryd vind op 20 Oktober plaas.

  • Francois Steyn

    • Francois Steyn
    • Francois Steyn joined the Sharks Academy in 2005 and spent a short period of time at the Murray Mexted Academy in Palmerston North, where he made a big impression. National team coach Jake White named Steyn in the South Africa squad, which toured England and Ireland in 2006, where he made a scoring debut against Ireland. He scored 26 points in the 2007 Super 14 season, playing in the Final against the Bulls, which led to him being named in the 2007 Tri Nations Series squad for South Africa. Steyn was on the bench for the opening game of the Series against Australia but made a big impact coming on as a substitute, kicking two drops goals to win the game for South Africa. He is known for his pace and athleticism along with a howitzer like boot that can kick massive drop goals from 50 metres plus.
  • Francois Steyn

    • Steyn's RWC in the balance

      2007-9-25 12:53

      Paris - South Africa's chances in the Rugby World Cup could suffer a huge blow if Frans Steyn is found guilty at a hearing in Paris on Tuesday, of biting Tonga's Joseph Vaka.

      Steyn, 21, is to appear on Tuesday afternoon (14:00 SA time) before a disciplinary committee following the alleged incident in Saturday's match in Lens, which the Springboks won 30-25.

      A worried Bok coach Jake White, confirmed on Monday that Steyn could possibly be in the firing line. Media spokesperson Vusi Kama confirmed it later by SMS.

      Steyn was sent to the sin-bin in the 63rd minute after a clash with Vaka, who alleged that he'd been bitten.

      The Bok inside centre, who tried to break up a clash between Bok lock Bakkies Botha and a Tongan, vehemently denied the accusations.

      South African team manager Zola Yeye has arranged for Steyn to have legal advice, and described the allegation as ridiculous.

      "Frans is not guilty. There is no proof," said Yeye. "I have viewed the video (supplied to the Springboks) and at no point do you see the guy's finger in his mouth."

      "If Frans is found guilty based on the video material, it would be a travesty of justice. Frans was wearing a gum guard. How can you bite someone's middle finger (in that case)?"

      Greg Thomas, communication chief of the International Rugby Board, had in fact said there would only be a citing if the match commissioner thought the infringement warranted a red card.

      In this case the match commissioner was Terry Willis, the same Australian who suspended Schalk Burger for four matches following his dangerous tackle during South Africa's 59-7 victory over Samoa.

      Burger's suspension was reduced to two matches after an appeal, and he is available to play for South African again in Sunday's match against the USA.

      If Steyn is found guilty of biting Vaka's finger his World Cup tournament will be over.

      The lightest sentence for biting an opponent is a 12-week suspension, although this could be reduced if extenuating circumstances are found.

      The International Rugby Board's recommended sentence for biting ranges from six months to three years.











      Die Burger
1 - 13 of 13
Showing 20 items per page
List Comments (0)